Rioolriviere in Primindia-strate

Written by Kormorant | 17 November 2011


Inwoners van Primindia in Brits sê hulle is al verby moedeloos met riool wat byna daagliks in die strate van die woongebied stroom.

Die rioolrivier het Maandagoggend naby die Primindia Secondary School en Platinum Mall verbygevloei.


Een van die talle klaers het gesê dat raadslede en die owerhede van die probleem bewus is maar dat hulle nie ‘n vinger veroer om die probleem aan te spreek nie.

Kormorant het navrae aan die Plaaslike Munisipaliteit van Madibeng gerig maar teen druktyd geen terugvoer van hulle gekry nie.