6000 Km vir gesondheid
Ry fiets vir gesondheidsbewusmaking
Enzo van Vuuren is doelgerig om ‘n verskil in die ...show more
12 January 2012 | wayne kruger
Randfontein — Enzo van Vuuren het gedurende verlede jaar besluit om met ‘n fiets regoor Suid-Afrika te ry met die doel om mense bewus te maak van natuurlike medisyne en die noodsaaklikheid van skoon water.
Volgens Enzo, dien die toer deur Suid-Afrika ook as ‘n fondsinsamelingsprojek vir hulle Groen Vingers vir Jesus Projek wat in Magaliesburg gaan plaasvind.
“Dié projek is spesifiek op die jeug gemik. Tydens die projek gaan ons jeugdiges oplei om organiese groente te kweek. Ons noem dit vrywillige agri diensplig. Die projek duur vir ses maande op ‘n slag en diegene wat dan aan dit deelneem, kan dan na afloop van die projek hul eie besigheid oopmaak waar hulle self organiese groente tonnels vir mense oprig en instand hou,” vertel Enzo.
Om die nodige fondse vir dié projek in te samel, ry Enzo met ‘n bergfiets deur Suid-Afrika en maak mense bewus van verskeie natuurlike medisyne, die noodsaaklikheid van skoon water en organise groentesoorte en die voordele wat dit vir elkeen inhou.
“My doel is om 6 000 kilometer met my fiets af te lê. Ek het tot dusver 840 kilometer gery en is al reeds vir 55 dae besig met die projek,” sê Enzo.
Hy vertel ook dat die projek sover ‘n sukses is en dat hy glo hy maak ‘n verskil deur dit wat hy doen. Vir Enzo is skoon water ‘n baie noodsaaklike bron tot ‘n goeie gesondheid en daarom doen hy ‘n beroep op elke persoon om ‘n filtreringsstelsel aan te skaf.
“Ek glo dat as jy nie ‘n filtreringsstelsel het nie, dan word jou liggaam die filtreringsstesel en dit het ‘n baie negatiewe impak op jou gesondheid,” vertel Enzo.
Diegene wat belang stel kan vir Enzo en sy werk op www.healtheworldprojects.yolasite.com volg.